-
Hebreërs 5:1-3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Want elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, word in die diens van God aangestel ter wille van mense,+ sodat hy gawes en offerandes vir sondes kan bring.+ 2 Hy kan medelye* betoon aan dié wat nie van beter weet nie en wat foute maak,* omdat hy ook sy eie swakhede het, 3 en daarom moet hy nie net offerandes bring vir die sondes van die volk nie, maar ook vir sy eie sondes.+
-