-
1 Konings 8:35, 36Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
35 “Wanneer die hemel toegesluit is en daar geen reën is nie+ omdat hulle aangehou het om teen u te sondig+ en hulle dan in die rigting van hierdie plek bid en u naam verheerlik en ophou met hulle sonde omdat u hulle verneder* het,+ 36 mag u dan vanuit die hemel luister en die sonde vergewe van u knegte, u volk Israel. Leer hulle+ wat die goeie weg is wat hulle moet volg, en laat dit asseblief reën op u land+ wat u aan u volk as ’n erfdeel gegee het.
-
-
2 Kronieke 7:13, 14Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 As ek die hemel toesluit en daar geen reën is nie en as ek die sprinkane beveel om die land kaal te vreet en as ek my volk met ’n vreeslike siekte tref, 14 en my volk, oor wie my naam uitgeroep is,+ nederig berou toon+ en bid en my goedkeuring soek en ophou om slegte dinge te doen,+ dan sal ek vanuit die hemel hoor en hulle sonde vergewe, en ek sal hulle land genees.+
-