-
Deuteronomium 21:6-9Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 Dan moet al die ouermanne van die stad naaste aan die lyk hulle hande was+ oor die jong koei wie se nek in die vallei gebreek is, 7 en hulle moet sê: ‘Ons het nie hierdie persoon doodgemaak nie,* en ons oë het ook nie gesien toe dit gebeur het nie. 8 Moenie dit teen u volk Israel hou, wat u verlos het nie,+ o Jehovah, en moenie die skuld weens onskuldige bloed op u volk Israel laat bly nie.’+ Dan sal die bloedskuld nie teen hulle gehou word nie. 9 So sal julle die skuld weens onskuldige bloed onder julle uit verwyder, want julle sal doen wat reg is in Jehovah se oë.
-