Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Deuteronomium 21
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Deuteronomium

      • Onopgeloste moorde (1-9)

      • Huwelike met vroue wat gevange geneem is (10-14)

      • Reg van eersgeborene (15-17)

      • Hardkoppige seun (18-21)

      • Man wat aan paal gehang is, vervloek (22, 23)

Deuteronomium 21:2

Kruisverwysings

  • +De 16:18

Deuteronomium 21:4

Voetnote

  • *

    Of “wadi”. Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +Nu 35:33

Deuteronomium 21:5

Kruisverwysings

  • +Eks 28:1
  • +Nu 6:23-27; 1Kr 23:13
  • +De 17:8, 9

Deuteronomium 21:6

Kruisverwysings

  • +Ps 26:6; Mt 27:24

Deuteronomium 21:7

Voetnote

  • *

    Lett. “Ons hande het nie hierdie bloed vergiet nie”.

Deuteronomium 21:8

Kruisverwysings

  • +2Sa 7:23
  • +Jes 26:21; Jer 26:15

Deuteronomium 21:10

Kruisverwysings

  • +Nu 31:9; De 20:13, 14

Deuteronomium 21:13

Kruisverwysings

  • +Nu 20:29; De 34:8

Deuteronomium 21:14

Kruisverwysings

  • +De 24:1

Deuteronomium 21:15

Voetnote

  • *

    Lett. “As ’n man twee vrouens het, een wat hy liefhet en een wat hy haat”.

Kruisverwysings

  • +Ge 29:30, 33

Deuteronomium 21:17

Kruisverwysings

  • +Ge 25:31; 2Kr 21:3

Deuteronomium 21:18

Kruisverwysings

  • +Eks 20:12; De 27:16; Spr 1:8; Ef 6:1
  • +De 8:5; Spr 13:24; 19:18; 23:13; Heb 12:9

Deuteronomium 21:20

Kruisverwysings

  • +Spr 28:7
  • +Ro 13:13; 1Kor 6:10; Ef 5:18

Deuteronomium 21:21

Kruisverwysings

  • +De 13:10, 11

Deuteronomium 21:22

Kruisverwysings

  • +Nu 25:5
  • +Jos 10:26; Han 10:39

Deuteronomium 21:23

Kruisverwysings

  • +Jos 8:29; Joh 19:31
  • +Ga 3:13
  • +Nu 35:34

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Deut. 21:2De 16:18
Deut. 21:4Nu 35:33
Deut. 21:5Eks 28:1
Deut. 21:5Nu 6:23-27; 1Kr 23:13
Deut. 21:5De 17:8, 9
Deut. 21:6Ps 26:6; Mt 27:24
Deut. 21:82Sa 7:23
Deut. 21:8Jes 26:21; Jer 26:15
Deut. 21:10Nu 31:9; De 20:13, 14
Deut. 21:13Nu 20:29; De 34:8
Deut. 21:14De 24:1
Deut. 21:15Ge 29:30, 33
Deut. 21:17Ge 25:31; 2Kr 21:3
Deut. 21:18Eks 20:12; De 27:16; Spr 1:8; Ef 6:1
Deut. 21:18De 8:5; Spr 13:24; 19:18; 23:13; Heb 12:9
Deut. 21:20Spr 28:7
Deut. 21:20Ro 13:13; 1Kor 6:10; Ef 5:18
Deut. 21:21De 13:10, 11
Deut. 21:22Nu 25:5
Deut. 21:22Jos 10:26; Han 10:39
Deut. 21:23Jos 8:29; Joh 19:31
Deut. 21:23Ga 3:13
Deut. 21:23Nu 35:34
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Deuteronomium 21:1-23

Deuteronomium

21 “As iemand wat doodgemaak is, in ’n veld gevind word in die land wat Jehovah julle God aan julle gee om te besit en niemand weet wie hom doodgemaak het nie, 2 dan moet julle ouermanne en regters+ uitgaan en die afstand meet van die lyk tot by die omliggende stede. 3 Daarna moet die ouermanne van die stad naaste aan die lyk ’n jong koei uit die beeste neem wat nog nooit gewerk het nie, wat nog nooit ’n juk gedra het nie. 4 Die ouermanne van daardie stad moet die jong koei na ’n vallei* neem waarin water vloei en waar die grond nie bewerk is nie en waar saad nie gesaai is nie, en hulle moet die nek van die jong koei daar in die vallei breek.+

5 “En die priesters, die Leviete, moet nader kom, want Jehovah julle God het hulle uitgekies om voor hom te dien,+ om seëninge in die naam van Jehovah uit te spreek.+ Hulle moet sê hoe elke saak wat met geweld te doen het, opgelos moet word.+ 6 Dan moet al die ouermanne van die stad naaste aan die lyk hulle hande was+ oor die jong koei wie se nek in die vallei gebreek is, 7 en hulle moet sê: ‘Ons het nie hierdie persoon doodgemaak nie,* en ons oë het ook nie gesien toe dit gebeur het nie. 8 Moenie dit teen u volk Israel hou, wat u verlos het nie,+ o Jehovah, en moenie die skuld weens onskuldige bloed op u volk Israel laat bly nie.’+ Dan sal die bloedskuld nie teen hulle gehou word nie. 9 So sal julle die skuld weens onskuldige bloed onder julle uit verwyder, want julle sal doen wat reg is in Jehovah se oë.

10 “As jy teen jou vyande gaan oorlog voer en Jehovah jou God hulle vir jou verslaan en jy hulle gevange neem+ 11 en jy onder die gevangenes ’n pragtige vrou sien en jy aangetrokke tot haar voel en jy haar as jou vrou wil neem, 12 dan mag jy haar in jou huis inbring. Sy moet dan haar kop skeer, haar naels versorg 13 en die klere van haar gevangenskap uittrek en in jou huis woon. Sy sal ’n volle maand oor haar pa en haar ma huil,+ en daarna mag jy seksuele omgang met haar hê. Jy sal haar man word, en sy sal jou vrou word. 14 Maar as jy nie tevrede met haar is nie, moet jy haar laat gaan+ waarheen sy ook al wil. Maar jy mag haar nie verkoop of haar wreed behandel nie, want jy het haar verneder.

15 “Sê nou ’n man het twee vrouens en hy het die een meer lief as die ander* en hy het seuns by al twee en die eersgebore seun is die kind van die vrou wat hy minder liefhet.+ 16 Op die dag dat hy sy erfdeel aan sy seuns gee, mag hy nie die seun van die vrou wat hy meer liefhet, as sy eersgeborene behandel ten koste van die ware eersgeborene, die seun van die vrou wat hy minder liefhet nie. 17 Hy moet die seun van die vrou wat hy minder liefhet, as die eersgeborene erken deur hom ’n dubbele deel te gee van alles wat hy het, want hy is die begin van sy voortplantingsvermoë. Die reg van die eersgeborene behoort aan hom.+

18 “As ’n man ’n seun het wat hardkoppig en opstandig is en wat nie sy pa of sy ma gehoorsaam nie+ en hulle hom probeer reghelp het, maar hy weier om na hulle te luister,+ 19 dan moet sy pa en sy ma hom na die ouermanne by die poort van sy stad neem 20 en vir die ouermanne van sy stad sê: ‘Hierdie seun van ons is hardkoppig en opstandig, en hy weier om ons te gehoorsaam. Hy is ’n vraat+ en ’n dronkaard.’+ 21 Dan moet al die manne van sy stad hom met klippe doodgooi. So moet julle dit wat sleg is, onder julle uit verwyder, en die hele Israel sal dit hoor en bang word.+

22 “As ’n man ’n sonde gepleeg het wat die doodstraf verdien en hy doodgemaak is+ en julle hom aan ’n paal gehang het,+ 23 mag sy lyk nie die hele nag aan die paal bly hang nie.+ Julle moet sorg dat julle hom daardie selfde dag begrawe, want iemand wat opgehang is, is deur God vervloek,+ en julle mag nie julle land, wat Jehovah julle God aan julle as ’n erfdeel gee, onrein maak nie.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel