-
Genesis 18:5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Julle het nou na julle kneg toe gekom. Ek sal ’n stukkie brood bring sodat julle nuwe krag kan kry. Dan kan julle verder gaan.” Hulle het gesê: “Nou maar goed. Jy mag doen soos jy gesê het.”
-
-
Genesis 18:7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Daarna het Abraham na die beeste gehardloop en ’n goeie jong bul met sagte vleis gekies. Hy het dit vir die dienaar gegee, wat dit vinnig voorberei het.
-
-
Rigters 6:18, 19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 Moet asseblief nie hier weggaan totdat ek met my geskenk terugkeer en dit voor u neersit nie.”+ Toe het hy gesê: “Ek sal hier wag totdat jy terugkom.” 19 Giʹdeon het ingegaan en ’n boklam voorberei en het ongesuurde brood met ’n efa* meel gemaak.+ Hy het die vleis in die mandjie gesit, en die sous in die kookpot. Toe het hy dit na hom toe gebring en hom onder die groot boom bedien.
-