14 Maar nou gaan jou koninkryk nie bly bestaan nie.+ Jehovah sal vir hom ’n man na sy hart+ vind, en Jehovah sal hom as ’n leier oor sy volk aanstel,+ want jy was nie gehoorsaam aan Jehovah se bevel nie.”+
8 Saul het baie kwaad geword,+ en hy het niks van die lied gehou nie en het gesê: “Hulle sê dat Dawid tienduisende verslaan het, maar hulle sê dat ek duisende verslaan het. Nou moet nog net die koningskap+ aan hom gegee word!”
31 Solank as wat die seun van Isai op die aarde is, sal nie jy of jou koningskap veilig wees nie.+ Stuur onmiddellik iemand om hom na my toe te bring, want hy moet sterf.”+
17 Hy het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, want my pa, Saul, sal jou nie vind nie. Jy sal koning oor Israel wees,+ en ek sal tweede onder jou wees, en my pa weet dit ook.”+