-
2 Samuel 17:27-29Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
27 Toe Dawid by Mahanaʹim kom, het Sobi, die seun van Nahas uit Rabba+ van die Ammoniete, Magir,+ die seun van Ammiʹël uit Lo-Debar, en Barsilʹlai,+ die Gileadiet uit Roʹgelim, na hom toe gekom. 28 Hulle het beddens, komme, kleipotte, koring, gars, meel, geroosterde graan, boerbone, lensies, gebraaide graan, 29 heuning, botter, skape en kaas* gebring. Hulle het dit alles vir Dawid en die mense by hom gebring om te eet,+ want hulle het gesê: “Die mense is honger en moeg en dors in die wildernis.”+
-