-
2 Samuel 12:15Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 Toe het Natan na sy eie huis gegaan.
En Jehovah het die kind van Dawid en Uriʹa se vrou siek laat word.
-
-
2 Samuel 12:19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
19 Toe Dawid sien dat sy knegte onder mekaar fluister, het Dawid besef dat die kind gesterf het. Dawid het vir sy knegte gevra: “Het die kind gesterf?” Hulle het geantwoord: “Ja, hy het gesterf.”
-
-
2 Samuel 13:10-15Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Amnon het toe vir Tamar gesê: “Bring die kos* na die slaapkamer, sodat jy dit vir my kan gee.” Toe het Tamar die hartvormige koeke wat sy gemaak het, na haar broer Amnon in die slaapkamer geneem. 11 Toe sy dit vir hom gee om te eet, het hy haar gegryp en gesê: “Kom, lê by my, my suster.” 12 Maar sy het vir hom gesê: “Nee, my broer! Moenie my verneder nie, want so iets word nie in Israel gedoen nie.+ Moenie hierdie skandelike ding doen nie.+ 13 Hoe sou ek so ’n skande kon verduur? En jy sal ’n baie slegte reputasie in Israel kry. Gaan praat asseblief met die koning, want hy sal my vir seker vir jou gee.” 14 Maar hy het geweier om na haar te luister, en hy het haar oorweldig en haar verneder deur haar te verkrag. 15 Toe het Amnon haar intens begin haat. Sy haat vir haar was selfs groter as die liefde wat hy voorheen vir haar gehad het. Amnon het vir haar gesê: “Staan op. Gaan weg!”
-