-
Nehemia 13:25-27Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
25 Daarom het ek hulle tereggewys en ’n vloek oor hulle uitgespreek en party van die manne geslaan+ en hulle hare uitgetrek en hulle by God laat sweer: “Julle mag nie julle dogters aan hulle seuns gee nie, en julle mag nie een van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself aanvaar nie.+ 26 Was dit nie weens hulle dat koning Salomo van Israel gesondig het nie? Daar was geen koning soos hy onder die baie nasies nie,+ en sy God was lief vir hom,+ en daarom het God hom koning oor die hele Israel gemaak. Maar die uitlandse vrouens het selfs hom laat sondig.+ 27 Hoe kon julle selfs daaraan dink om hierdie groot sonde te pleeg deur ontrou teen ons God op te tree en met uitlandse vrouens te trou?”+
-