-
2 Kronieke 8:7-10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Wat al die mense betref wat oorgebly het van die Hetiete, die Amoriete, die Perissiete, die Hewiete en die Jebusiete,+ wat nie deel was van Israel nie+ 8 – dit wil sê die nakomelinge van hierdie volke wat in die land oorgebly het en wat nie deur die Israeliete uitgeroei is nie+ – hulle is deur Salomo opgeroep om vir hom te werk, tot vandag toe.+ 9 Maar Salomo het die Israeliete nie slawe gemaak nie,+ want hulle was sy vegters, die hoofde van sy offisiere en die hoofde van sy strydwadrywers en perderuiters.+ 10 Daar was 250 hoofde oor koning Salomo se beamptes. Hulle was die voormanne.+
-