-
1 Konings 15:25-29Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
25 In die tweede jaar van koning Asa van Juda het Nadab,+ die seun van Jeroʹbeam, koning oor Israel geword. En hy het twee jaar lank oor Israel regeer. 26 Hy het bly doen wat sleg is in die oë van Jehovah en dieselfde weg as sy pa gevolg,+ en hy het Israel dieselfde sondes laat pleeg as wat sy pa hulle laat pleeg het.+ 27 Terwyl Nadab en die hele Israel Gibʹbeton+ beleër het, het Baäsa, die seun van Ahiʹa, van die huis van Isʹsaskar, teen hom saamgesweer en hom doodgemaak by Gibʹbeton, wat aan die Filistyne behoort het. 28 Dit was in die derde jaar van koning Asa van Juda dat Baäsa vir Nadab doodgemaak het en in sy plek koning geword het. 29 En onmiddellik nadat hy koning geword het, het hy die hele huis van Jeroʹbeam uitgeroei. Hy het niemand van die huis van Jeroʹbeam laat ontsnap nie. Hy het hulle doodgemaak, net soos Jehovah deur middel van sy kneg Ahiʹa, die Siloniet, gesê het.+
-