-
2 Kronieke 26:16-21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
16 Maar toe hy magtig geword het, het hy hoogmoedig geword, en dit het tot sy ondergang gelei. Hy was ongehoorsaam aan Jehovah sy God en het in die tempel van Jehovah ingegaan om reukwerk op die reukaltaar te brand.+ 17 Die priester Asarʹja en 80 moedige priesters van Jehovah het hom dadelik gevolg. 18 Hulle het koning Ussiʹa gekonfronteer en vir hom gesê: “Koning Ussiʹa, u het nie die reg om reukwerk vir Jehovah te brand nie!+ Net die priesters mag reukwerk brand, want hulle is nakomelinge van Aäron,+ en hulle is geheilig. Gaan uit die heiligdom uit, want u was ongehoorsaam, en u sal nie eer van Jehovah God hiervoor ontvang nie.”
19 Maar Ussiʹa, wat ’n vuurbak in sy hand gehad het om reukwerk te brand, het woedend geword.+ En terwyl hy woedend vir die priesters was en langs die reukaltaar in die huis van Jehovah gestaan het, het melaatsheid+ op sy voorkop uitgebreek in die teenwoordigheid van die priesters. 20 Toe het Asarʹja, die hoofpriester, en al die priesters die melaatsheid op sy voorkop gesien. Hulle het hom vinnig daar uitgeneem, en hy het vinnig padgegee omdat Jehovah hom gestraf het.
21 Koning Ussiʹa het tot die dag van sy dood ’n melaatse gebly. Hy het as ’n melaatse in ’n aparte huis gewoon,+ en hy is nie toegelaat om na die huis van Jehovah te gaan nie. Sy seun Jotam was oor die koning se paleis en het as regter vir die volk van die land opgetree.+
-