-
2 Kronieke 33:7-9Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Hy het die beeld wat hy gemaak het, in die huis van die ware God gesit,+ waarvan God vir Dawid en vir sy seun Salomo gesê het: “In hierdie huis en in Jerusalem, wat ek uit al die stamme van Israel gekies het, sal ek my naam vir altyd vestig.+ 8 Ek sal Israel nooit verwyder uit die land wat ek aan hulle voorvaders gegee het nie, solank hulle streng gehoorsaam is aan alles wat ek hulle beveel het, aan die hele Wet, die wetsvoorskrifte en die regterlike bevele wat deur middel van Moses gegee is.” 9 Manasʹse het Juda en die inwoners van Jerusalem ’n verkeerde weg laat volg en hulle erger dinge laat doen as die nasies wat Jehovah voor die Israeliete vernietig het.+
-