-
Jeremia 24:1Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
24 Toe het Jehovah vir my twee mandjies vye gewys wat voor die tempel van Jehovah neergesit is. Hy het dit gedoen nadat koning Nebukadneʹsar* van Babilon Jegonʹja*+ die seun van Jojaʹkim,+ die koning van Juda, in ballingskap weggeneem het saam met die leiers van Juda, die ambagsmanne en die metaalwerkers.* Hy het hulle uit Jerusalem geneem en na Babilon gebring.+
-