-
1 Samuel 6:21-7:1Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
21 Toe het hulle boodskappers na die inwoners van Kirʹjat-Jeaʹrim+ gestuur en gesê: “Die Filistyne het die Ark van Jehovah teruggegee. Kom hierheen en neem dit saam met julle.”+
7 Die manne van Kirʹjat-Jeaʹrim het toe gekom en die Ark van Jehovah na die huis van Abinaʹdab+ op die heuwel geneem, en hulle het sy seun Eleaʹsar geheilig om die Ark van Jehovah op te pas.
-
-
2 Samuel 6:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 Dawid het weer die beste soldate in Israel bymekaargekry, 30 000 manne. 2 Toe het Dawid en al die manne by hom na Baʹäle-Juʹda gegaan om die Ark van die ware God te gaan haal.+ Dit is voor hierdie Ark dat die naam van Jehovah van die leërmagte,+ wat op sy troon bo* die gerubs sit,+ aangeroep word.
-