132 O Jehovah, dink aan Dawid
en aan alles wat hy deurgemaak het,+
2 hoe hy vir Jehovah gesweer het
en aan die Magtige van Jakob ’n gelofte gemaak het:+
3 “Ek sal nie in my tent, my huis, ingaan nie.+
Ek sal nie op my rusbank, my bed, lê nie.
4 Ek sal nie my oë toelaat om te slaap
of my ooglede om toe te val nie,
5 totdat ek ’n plek vir Jehovah vind,
’n pragtige woonplek vir die Magtige van Jakob.”+