-
Levitikus 4:8-10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 “‘Hy moet dan al die vet van die bul vir die sonde-offer verwyder, insluitende die vet wat die ingewande bedek en die vet wat om die ingewande is, 9 en die twee niere met die vet daaraan wat naby die lende is. En hy moet die vet* aan die lewer saam met die niere verwyder,+ 10 net soos gedoen word met die bul vir die vrede-offer.*+ En die priester moet dit op die brandofferaltaar laat rook.
-
-
1 Konings 8:64-66Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
64 Op daardie dag moes die koning die middel van die voorhof heilig wat voor die huis van Jehovah is omdat hy die brandoffers en die graanoffers en die vetstukke van die vrede-offers* daar moes offer. Want die koperaltaar+ wat voor Jehovah is, was te klein vir die brandoffers, die graanoffers en die vetstukke+ van die vrede-offers.* 65 Toe het Salomo die fees+ voor Jehovah ons God gevier saam met die hele Israel – ’n groot skare het gekom uit die gebied wat gestrek het van Lebo-Hamat* af tot by die Vallei* van Egipte.+ Dit het 7 dae en nog 7 dae geduur, altesaam 14 dae. 66 Die volgende* dag het hy die volk weggestuur, en hulle het die koning geseën en na hulle huise toe gegaan, vreugdevol en vrolik van hart as gevolg van al Jehovah se goedheid+ teenoor sy kneg Dawid en sy volk Israel.
-