-
1 Konings 11:29-31Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
29 Op ’n dag het Jeroʹbeam uit Jerusalem gegaan, en die profeet Ahiʹa,+ die Siloniet, het hom op die pad gekry. Ahiʹa het ’n nuwe kleed aangehad, en hulle twee was alleen in die veld. 30 Ahiʹa het die nuwe kleed wat hy aangehad het, geneem en dit in 12 stukke geskeur. 31 Toe het hy vir Jeroʹbeam gesê:
“Neem vir jou tien stukke, want dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Ek skeur die koninkryk uit die hand van Salomo, en ek sal vir jou tien stamme gee.+
-