-
Genesis 18:23-25Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
23 Toe het Abraham nader gekom en gesê: “Gaan u regtig die regverdige mense saam met die goddelose mense vernietig?+ 24 Sê nou daar is 50 regverdige mense in die stad. Sal u hulle vernietig? Sal u nie die plek vergewe ter wille van die 50 regverdige mense wat daarin is nie? 25 U sal tog sekerlik nie die regverdige persoon saam met die goddelose persoon doodmaak, sodat die regverdige persoon dieselfde uiteinde as die goddelose persoon sal hê nie!+ U sal dit nie doen nie.+ Sal die Regter van die hele aarde nie doen wat reg is nie?”+
-
-
1 Konings 14:1Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
14 In daardie tyd het Abiʹa, die seun van Jeroʹbeam, siek geword.
-
-
1 Konings 14:13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 Die hele Israel sal oor hom rou en hom begrawe, want hy is die enigste een van Jeroʹbeam se familie wat begrawe sal word omdat hy die enigste een is van die huis van Jeroʹbeam in wie Jehovah, die God van Israel, iets goeds gevind het.
-
-
2 Kronieke 19:2, 3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Jehu,+ die seun van Hanaʹni,+ die siener, het koning Joʹsafat gaan ontmoet en vir hom gesê: “Dink u dit is reg dat u die goddeloses help+ en dat u liefde betoon aan dié wat wys dat hulle Jehovah haat?+ Omdat u dit gedoen het, het u Jehovah kwaad gemaak. 3 Maar God het goeie dinge in u gesien,+ want u het ontslae geraak van die heilige pale* in die land en u het u hart voorberei* om die ware God te dien.”+
-