-
2 Kronieke 26:18, 19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 Hulle het koning Ussiʹa gekonfronteer en vir hom gesê: “Koning Ussiʹa, u het nie die reg om reukwerk vir Jehovah te brand nie!+ Net die priesters mag reukwerk brand, want hulle is nakomelinge van Aäron,+ en hulle is geheilig. Gaan uit die heiligdom uit, want u was ongehoorsaam, en u sal nie eer van Jehovah God hiervoor ontvang nie.”
19 Maar Ussiʹa, wat ’n vuurbak in sy hand gehad het om reukwerk te brand, het woedend geword.+ En terwyl hy woedend vir die priesters was en langs die reukaltaar in die huis van Jehovah gestaan het, het melaatsheid+ op sy voorkop uitgebreek in die teenwoordigheid van die priesters.
-