8 Jehovah het verder vir Aäron gesê: “Ek het jou aangestel oor die bydraes wat aan my gegee word.+ Ek het ’n deel van al die heilige dinge wat deur die Israeliete bygedra word, as ’n permanente voorsiening aan jou en jou seuns gegee.+
2 dan moet jy ’n deel neem van die eerste opbrengs* van jou hele oes in die land wat Jehovah julle God aan julle gee. Jy moet dit in ’n mandjie sit en na die plek gaan wat Jehovah julle God vir sy naam uitkies.+