28 “‘Maar niks wat ’n man uit sy besittings onvoorwaardelik aan Jehovah wy,* mag verkoop of teruggekoop word nie, of dit nou ’n mens is of ’n dier of ’n stuk grond wat hy besit. Enigiets wat gewy is, is iets besonder heiligs vir Jehovah.+
30 “‘Elke tiende+ van die land behoort aan Jehovah, of dit nou van die opbrengs van die land of van die vrugte van die bome is. Dit is iets heiligs vir Jehovah.
11 Die volgende behoort ook aan jou: die gawes wat die Israeliete bydra+ en al hulle beweegoffers.+ Ek het dit aan jou en jou seuns en jou dogters as ’n permanente voorsiening gegee.+ Elkeen in jou huis wat rein is, mag dit eet.+
26 “Jy moet vir die Leviete sê: ‘Julle sal die tiendes, wat ek vir julle as ’n erfdeel gee,+ van die Israeliete ontvang, en julle moet ’n tiende van daardie tiendes as ’n bydrae aan Jehovah gee.+