-
Rigters 13:22, 23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
22 Manoʹag het toe vir sy vrou gesê: “Ons gaan beslis sterf, want ons het God gesien.”+ 23 Maar sy vrou het vir hom gesê: “As Jehovah ons wou doodmaak, sou hy nie ons brandoffer+ en graanoffer aanvaar het nie. Hy sou ons ook nie al hierdie dinge laat sien het nie, en hy sou nie vir ons al hierdie dinge gesê het nie.”
-
-
Ester 5:8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 As ek die koning se goedkeuring verkry het en as die koning dit goedvind om vir my te gee wat ek vra, laat die koning en Haman na die feesmaal toe kom wat ek môre vir hulle sal hou, en môre sal ek doen wat die koning sê.”
-
-
Titus 2:3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Net so moet die ouer vrouens God deur hulle gedrag eer, nie laster of aan baie wyn verslaaf wees nie en onderrigters wees van wat goed is.
-