-
1 Konings 21:8-11Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 Toe het sy briewe in Agab se naam geskryf en dit met sy seël verseël+ en dit aan die ouermanne+ en die heersers gestuur wat in Nabot se stad gewoon het. 9 Sy het in die briewe geskryf: “Kondig ’n vas aan, en laat Nabot voor die volk sit. 10 En laat twee slegte manne voor hom sit en teen hom getuig+ en sê: ‘Jy het God en die koning vervloek!’+ Bring hom dan uit en gooi hom met klippe dood.”+
11 Toe het die manne van sy stad, die ouermanne en die heersers wat in sy stad gewoon het, presies gedoen wat geskryf was in die briewe wat Iseʹbel aan hulle gestuur het.
-
-
Jeremia 38:4, 5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 Die leiers het vir die koning gesê: “Laat hierdie man asseblief doodgemaak word,+ want met hierdie woorde verswak hy die moed* van die soldate wat in hierdie stad oorbly sowel as die moed van die hele volk. Want hierdie man wil nie vrede vir hierdie volk hê nie, maar rampspoed.” 5 Koning Sedekiʹa het geantwoord: “Hy is in julle hande, want die koning kan niks doen om julle te keer nie.”
-