-
1 Konings 4:29-31Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
29 En God het Salomo baie wysheid en verstand gegee, en soveel insig* as wat daar sandkorrels op die strand is.+ 30 Salomo se wysheid het die wysheid van al die mense van die Ooste en van Egipte oortref.+ 31 Hy was wyser as enige ander mens, wyser as Etan,+ die Esrahiet, en Heman,+ Kalkol+ en Darda, die seuns van Mahol, en sy roem het onder al die omliggende nasies versprei.+
-
-
2 Kronieke 1:10-12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Gee my nou wysheid en kennis+ sodat ek hierdie volk kan lei,* want wie kan as regter optree vir u groot volk?”+
11 Toe het God vir Salomo gesê: “Omdat jy nie vir rykdom en eer of die dood van die mense wat jou haat gevra het nie en ook nie vir ’n lang lewe gevra het nie, maar dit eerder jou hartsbegeerte is om wysheid en kennis te hê sodat jy my volk kan rig waaroor ek jou koning gemaak het,+ 12 sal wysheid en kennis aan jou gegee word. Maar ek sal jou ook rykdom en eer gee soos geen koning voor jou gehad het nie en soos nie een ná jou sal hê nie.”+
-