13 Luister nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié stad reis en ’n jaar daar bly, en ons sal besigheid doen en wins maak,”+ 14 terwyl julle nie weet hoe julle lewe môre sal wees nie.+ Want julle is ’n mis wat vir ’n klein rukkie verskyn en dan verdwyn.+