Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Lukas 4:17-21
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 17 Toe is die boekrol van die profeet Jesaja vir hom aangegee, en hy het die boekrol oopgemaak en die plek gevind waar dit geskryf staan: 18 “Jehovah* se gees is op my, want hy het my gesalf om goeie nuus aan die armes te verkondig. Hy het my gestuur om aan die gevangenes bekend te maak dat hulle vrygelaat sal word, en aan die blindes dat hulle weer sal sien, om vryheid te gee aan die onderdruktes,+ 19 om Jehovah* se jaar van aanvaarding te verkondig.”+ 20 Hierna het hy die boekrol opgerol, dit aan die dienaar teruggegee en gaan sit, en almal in die sinagoge het stip na hom gekyk. 21 Toe het hy vir hulle begin sê: “Vandag is hierdie Skrifgedeelte wat julle so pas gehoor het, vervul.”+

  • Lukas 7:22
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 22 Hy het vir hulle gesê: “Gaan sê vir Johannes wat julle gesien en gehoor het: Die blindes kan nou sien,+ die kreupeles loop, die melaatses word genees,* die dowes hoor,+ die dooies word opgewek en die armes word van die goeie nuus vertel.+

  • Handelinge 26:17, 18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 17 En ek sal jou red van hierdie volk en van die nasies, na wie ek jou stuur,+ 18 om hulle oë te open,+ om hulle uit die duisternis+ na die lig+ en van die gesag van Satan+ na God te lei, sodat hulle sondes vergewe kan word+ en hulle ’n erfenis kan ontvang onder dié wat deur hulle geloof in my geheilig is.’

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel