37 Eljaʹkim, die seun van Hilkiʹa, wat oor die huishouding* was, Sebna, die sekretaris, en Joag, die seun van Asaf, die geskiedskrywer, het met geskeurde klere na Hiskiʹa toe gegaan en hom vertel wat die Rabʹsake gesê het.
2 Toe het hy Eljaʹkim, wat oor die huishouding* was, Sebna, die sekretaris, en die hoofde van die priesters saklinne laat aantrek en hulle na die profeet Jesaja,+ die seun van Amos, gestuur.