Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Konings 19
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 2 Konings

      • Hiskia raadpleeg God deur middel van Jesaja (1-7)

      • Sanherib dreig Jerusalem (8-13)

      • Hiskia se gebed (14-19)

      • Jesaja dra God se antwoord oor (20-34)

      • Engel maak 185 000 Assiriërs dood (35-37)

2 Konings 19:1

Kantlynverwysings

  • +Jes 37:1-4

2 Konings 19:2

Voetnote

  • *

    Of “paleis”.

Kantlynverwysings

  • +Jes 1:1

2 Konings 19:3

Voetnote

  • *

    Of “veroordeling”.

Kantlynverwysings

  • +Jes 26:17, 18

2 Konings 19:4

Kantlynverwysings

  • +1Sa 17:45; 2Kn 18:35
  • +2Sa 22:7; 2Kr 20:9; 32:20; Ps 50:15

2 Konings 19:5

Kantlynverwysings

  • +Jes 37:5-7

2 Konings 19:6

Kantlynverwysings

  • +De 20:3; Jes 41:10; 51:7
  • +2Kn 18:17

2 Konings 19:7

Kantlynverwysings

  • +2Kr 32:21; Jes 37:37, 38

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 73

2 Konings 19:8

Kantlynverwysings

  • +2Kn 18:14
  • +Jes 37:8-13

2 Konings 19:9

Kantlynverwysings

  • +2Kn 18:17

2 Konings 19:10

Kantlynverwysings

  • +2Kr 32:15

2 Konings 19:11

Kantlynverwysings

  • +2Kn 17:5; 2Kr 32:10, 13; Jes 10:8-11

2 Konings 19:12

Kantlynverwysings

  • +Ge 11:31

2 Konings 19:13

Kantlynverwysings

  • +2Kn 17:24; 18:33, 34

2 Konings 19:14

Kantlynverwysings

  • +1Kn 8:30; Jes 37:14-20

2 Konings 19:15

Voetnote

  • *

    Of moontlik “tussen”.

Kantlynverwysings

  • +2Kr 32:20
  • +Eks 25:22
  • +1Kr 29:10, 11

2 Konings 19:16

Kantlynverwysings

  • +1Kn 8:29; Ps 65:2
  • +2Kr 16:9; Da 9:18

2 Konings 19:17

Kantlynverwysings

  • +2Kn 16:8, 9; 17:6, 24

2 Konings 19:18

Kantlynverwysings

  • +Jes 41:29
  • +Jer 10:3

2 Konings 19:19

Kantlynverwysings

  • +Ps 83:17, 18; Jes 45:5, 6

2 Konings 19:20

Kantlynverwysings

  • +Jes 37:21, 22
  • +2Kn 19:15

2 Konings 19:22

Kantlynverwysings

  • +2Kn 19:10
  • +2Kn 18:30; Jes 10:12, 13
  • +Jes 37:23-25

2 Konings 19:23

Kantlynverwysings

  • +2Kn 18:17
  • +2Kr 32:17; Jes 10:10, 11

2 Konings 19:24

Voetnote

  • *

    Of “die kanale van die Nylrivier”.

2 Konings 19:25

Voetnote

  • *

    Lett. “gedoen”.

Kantlynverwysings

  • +Jes 14:24
  • +Ps 33:11
  • +Jes 46:10
  • +Jes 10:5; 37:26, 27

2 Konings 19:26

Kantlynverwysings

  • +Jes 40:7

2 Konings 19:27

Kantlynverwysings

  • +Spr 5:21; Heb 4:13
  • +Jes 37:28, 29

2 Konings 19:28

Kantlynverwysings

  • +Ps 46:6; Jes 10:5, 15
  • +2Kn 18:35; Jes 10:12, 13
  • +Ps 32:9
  • +2Kn 19:33

2 Konings 19:29

Voetnote

  • *

    D.w.s. Hiskia.

  • *

    Of “wat gegroei het van korrels wat geval het”.

Kantlynverwysings

  • +Le 25:4-6
  • +Jes 37:30-32

2 Konings 19:30

Kantlynverwysings

  • +2Kr 32:22; Jes 10:20

2 Konings 19:31

Kantlynverwysings

  • +Jes 59:17; Sag 1:14, 15

2 Konings 19:32

Kantlynverwysings

  • +Jes 10:24
  • +2Kr 32:22
  • +Jes 37:33-35

2 Konings 19:34

Kantlynverwysings

  • +Jes 31:5
  • +1Sa 12:22; Jes 43:25; Ese 36:22
  • +2Kn 20:6; Jer 23:5

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 145

2 Konings 19:35

Kantlynverwysings

  • +2Kr 32:21; Jes 31:8
  • +Eks 12:30; Jes 37:36-38

2 Konings 19:36

Kantlynverwysings

  • +Jon 1:2
  • +2Kn 19:7, 28

2 Konings 19:37

Kantlynverwysings

  • +2Kr 32:21
  • +Ge 8:4
  • +Esr 4:2

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 73

Parallelle vertalings

Klik op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

2 Kon. 19:1Jes 37:1-4
2 Kon. 19:2Jes 1:1
2 Kon. 19:3Jes 26:17, 18
2 Kon. 19:41Sa 17:45; 2Kn 18:35
2 Kon. 19:42Sa 22:7; 2Kr 20:9; 32:20; Ps 50:15
2 Kon. 19:5Jes 37:5-7
2 Kon. 19:6De 20:3; Jes 41:10; 51:7
2 Kon. 19:62Kn 18:17
2 Kon. 19:72Kr 32:21; Jes 37:37, 38
2 Kon. 19:82Kn 18:14
2 Kon. 19:8Jes 37:8-13
2 Kon. 19:92Kn 18:17
2 Kon. 19:102Kr 32:15
2 Kon. 19:112Kn 17:5; 2Kr 32:10, 13; Jes 10:8-11
2 Kon. 19:12Ge 11:31
2 Kon. 19:132Kn 17:24; 18:33, 34
2 Kon. 19:141Kn 8:30; Jes 37:14-20
2 Kon. 19:152Kr 32:20
2 Kon. 19:15Eks 25:22
2 Kon. 19:151Kr 29:10, 11
2 Kon. 19:161Kn 8:29; Ps 65:2
2 Kon. 19:162Kr 16:9; Da 9:18
2 Kon. 19:172Kn 16:8, 9; 17:6, 24
2 Kon. 19:18Jes 41:29
2 Kon. 19:18Jer 10:3
2 Kon. 19:19Ps 83:17, 18; Jes 45:5, 6
2 Kon. 19:20Jes 37:21, 22
2 Kon. 19:202Kn 19:15
2 Kon. 19:222Kn 19:10
2 Kon. 19:222Kn 18:30; Jes 10:12, 13
2 Kon. 19:22Jes 37:23-25
2 Kon. 19:232Kn 18:17
2 Kon. 19:232Kr 32:17; Jes 10:10, 11
2 Kon. 19:25Jes 14:24
2 Kon. 19:25Ps 33:11
2 Kon. 19:25Jes 46:10
2 Kon. 19:25Jes 10:5; 37:26, 27
2 Kon. 19:26Jes 40:7
2 Kon. 19:27Spr 5:21; Heb 4:13
2 Kon. 19:27Jes 37:28, 29
2 Kon. 19:28Ps 46:6; Jes 10:5, 15
2 Kon. 19:282Kn 18:35; Jes 10:12, 13
2 Kon. 19:28Ps 32:9
2 Kon. 19:282Kn 19:33
2 Kon. 19:29Le 25:4-6
2 Kon. 19:29Jes 37:30-32
2 Kon. 19:302Kr 32:22; Jes 10:20
2 Kon. 19:31Jes 59:17; Sag 1:14, 15
2 Kon. 19:32Jes 10:24
2 Kon. 19:322Kr 32:22
2 Kon. 19:32Jes 37:33-35
2 Kon. 19:34Jes 31:5
2 Kon. 19:341Sa 12:22; Jes 43:25; Ese 36:22
2 Kon. 19:342Kn 20:6; Jer 23:5
2 Kon. 19:352Kr 32:21; Jes 31:8
2 Kon. 19:35Eks 12:30; Jes 37:36-38
2 Kon. 19:36Jon 1:2
2 Kon. 19:362Kn 19:7, 28
2 Kon. 19:372Kr 32:21
2 Kon. 19:37Ge 8:4
2 Kon. 19:37Esr 4:2
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
  • 34
  • 35
  • 36
  • 37
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
2 Konings 19:1-37

Die tweede boek van Konings

19 Toe koning Hiskiʹa dit hoor, het hy sy klere geskeur en saklinne aangetrek en in die huis van Jehovah ingegaan.+ 2 Toe het hy Eljaʹkim, wat oor die huishouding* was, Sebna, die sekretaris, en die hoofde van die priesters saklinne laat aantrek en hulle na die profeet Jesaja,+ die seun van Amos, gestuur. 3 Hulle het vir hom gesê: “Dít is wat Hiskiʹa sê: ‘Vandag is ’n dag van rampspoed, van belediging* en van skande. Dit is soos wanneer ’n kind gereed is om gebore te word, maar daar geen krag is om geboorte te gee nie.+ 4 Miskien sal Jehovah u God al die woorde hoor van die Rabʹsake, wat deur sy heer, die koning van Assiʹrië, gestuur is om die lewende God uit te tart,+ en hom straf vir die woorde wat Jehovah u God gehoor het. Bid+ dus vir die oorblyfsel wat nog lewe.’”

5 Die knegte van koning Hiskiʹa het by Jesaja aangekom,+ 6 en Jesaja het vir hulle gesê: “Gaan sê vir julle heer: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Moenie bang wees+ weens die woorde wat jy gehoor het nie, die woorde waarmee die dienaars van die koning van Assiʹrië my belaster het nie.+ 7 Ek gaan ’n gedagte by hom laat opkom, en hy sal ’n berig hoor en na sy eie land terugkeer. En ek sal hom in sy eie land deur die swaard laat val.”’”+

8 Nadat die Rabʹsake gehoor het dat die koning van Assiʹrië van Lagis+ af weggetrek het, het hy teruggekeer na die koning, wat besig was om teen Libna te veg.+ 9 Die koning het gehoor dat koning Tirhaʹka van Etiopië op pad was om teen hom te veg. Daarom het hy weer boodskappers+ na Hiskiʹa toe gestuur en gesê: 10 “Dít is wat julle vir koning Hiskiʹa van Juda moet sê: ‘Moenie dat jou God op wie jy vertrou, jou bedrieg deur te sê: “Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assiʹrië gegee word nie.”+ 11 Jy het gehoor wat die konings van Assiʹrië met al die lande gedoen het. Hulle het dit vernietig.+ Sal jy die enigste een wees wat gered word? 12 Is die nasies wat deur my voorvaders vernietig is, deur hulle gode gered? Waar is Gosan, Haran,+ Resef en die mense van Eden wat in Tel-Assar was? 13 Waar is die koning van Hamat, die koning van Arpad, die koning van die stad Sefarwaʹim, die koning van Hena en die koning van Iwwa?’”+

14 Hiskiʹa het die briewe by die boodskappers geneem en dit gelees. Hiskiʹa het toe na die huis van Jehovah gegaan en dit voor Jehovah uitgesprei.+ 15 En Hiskiʹa het voor Jehovah begin bid+ en gesê: “O Jehovah, die God van Israel, wat op die troon bo* die gerubs sit,+ u alleen is die ware God van al die koninkryke van die aarde.+ U het die hemel en die aarde gemaak. 16 Skenk aandag, o Jehovah, en luister!+ Maak u oë oop,+ o Jehovah, en sien! Luister na die woorde waarmee Sanʹherib die lewende God uittart. 17 O Jehovah, die konings van Assiʹrië het wel die nasies en hulle lande verwoes.+ 18 En hulle het hulle gode in die vuur gegooi, want hulle was nie gode nie.+ Hulle was die werk van mensehande+ – hout en klip. Dit is waarom hulle hulle kon vernietig. 19 Maar red ons nou asseblief uit sy hand, o Jehovah ons God, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat u alleen God is, o Jehovah.”+

20 Jesaja, die seun van Amos, het toe hierdie boodskap aan Hiskiʹa gestuur: “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Ek het jou gebed in verband met koning Sanʹherib van Assiʹrië+ gehoor.+ 21 Dít is wat Jehovah oor hom sê:

“Die maagdelike dogter van Sion verag jou, sy lag jou uit.

Die dogter van Jerusalem skud haar kop vir jou.

22 Wie het jy uitgetart en belaster?+

Teen wie het jy jou stem verhef+

en jou trotse oë opgeslaan?

Dit is teen die Heilige van Israel!+

23 Deur middel van jou boodskappers+ het jy Jehovah uitgetart+ en gesê:

‘Met my baie strydwaens

sal ek teen hoë berge opry,

teen die mees afgeleë dele van die Liʹbanon-berge.

Ek sal sy hoë sederbome afkap, sy beste jenewerbome.

Ek sal sy verste skuilplekke, sy digste woude, binnedring.

24 Ek sal putte grawe en vreemde water drink.

Ek sal al die strome* van Egipte met my voetsole opdroog.’

25 Het jy nie gehoor nie? Dit is lank gelede besluit.*+

Ek het dit in die verre verlede voorberei.+

Nou sal ek dit laat plaasvind.+

Jy sal versterkte stede vernietig. Daar sal net ruïnes oorbly.+

26 Hulle inwoners sal hulpeloos wees.

Hulle sal baie bang wees en verneder word.

Hulle sal soos plante van die veld en groen gras word,+

soos gras op die dakke wat deur die oostewind verskroei word.

27 Maar ek weet wanneer jy sit, wanneer jy uitgaan, wanneer jy inkom+

en wanneer jy woedend is vir my,+

28 want jou woede teen my+ en jou gebrul het my ore bereik.+

Daarom sal ek my haak in jou neus sit+ en my toom tussen jou lippe,

en ek sal jou teruglei op die pad waarmee jy gekom het.”+

29 “‘En dít sal vir jou* die teken wees: Hierdie jaar sal julle eet wat vanself groei,* en in die tweede jaar sal julle graan eet wat dan opkom,+ maar in die derde jaar sal julle saad saai en oes, en julle sal wingerde plant en die vrugte daarvan eet.+ 30 Dié van die huis van Juda wat wegkom, dié wat oorbly,+ sal wortelskiet ondertoe en vrugte voortbring boontoe. 31 Want ’n oorblyfsel sal uit Jerusalem uitgaan, en oorlewendes van die berg Sion af. Die ywer van Jehovah van die leërmagte sal dit doen.+

32 “‘Daarom sê Jehovah die volgende oor die koning van Assiʹrië:+

“Hy sal nie in hierdie stad inkom+

of ’n pyl daarnatoe skiet

of met ’n skild daarteen kom

of ’n beleëringswal daarteen oprig nie.+

33 Met die pad waarmee hy gekom het, sal hy terugkeer.

Hy sal nie in hierdie stad inkom nie,” sê Jehovah.

34 “Ek sal hierdie stad verdedig+ en red om my eie onthalwe+

en ter wille van my kneg Dawid.”’”+

35 Daardie nag het die engel van Jehovah uitgegaan en 185 000 manne in die kamp van die Assiriërs doodgemaak.+ Toe mense die volgende oggend vroeg opstaan, het hulle al die lyke gesien.+ 36 Daarom het koning Sanʹherib van Assiʹrië na Niʹneve+ teruggekeer en daar gebly.+ 37 En terwyl hy in die tempel van sy god Nisrog neergebuig het, het sy eie seuns Adrammeʹleg en Sareʹser hom met die swaard doodgemaak+ en toe na die land Ararat+ gevlug. En sy seun Esar-Haddon+ het in sy plek koning geword.

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel