-
2 Konings 19:29-31Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
29 “‘En dít sal vir jou* die teken wees: Hierdie jaar sal julle eet wat vanself groei,* en in die tweede jaar sal julle graan eet wat dan opkom,+ maar in die derde jaar sal julle saad saai en oes, en julle sal wingerde plant en die vrugte daarvan eet.+ 30 Dié van die huis van Juda wat wegkom, dié wat oorbly,+ sal wortelskiet ondertoe en vrugte voortbring boontoe. 31 Want ’n oorblyfsel sal uit Jerusalem uitgaan, en oorlewendes van die berg Sion af. Die ywer van Jehovah van die leërmagte sal dit doen.+
-