-
Jeremia 31:35-37Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
35 Dít is wat Jehovah sê,
wat die son gee as lig in die dag,
die wette* van die maan en die sterre as lig in die nag,
wat die see en sy golwe onstuimig maak,
wie se naam Jehovah van die leërmagte is:+
36 “‘As hierdie wette ooit sou verdwyn,’ sê Jehovah,
‘slegs dan sou die nageslag van Israel ophou om vir altyd ’n nasie voor my te wees.’”+
37 Dít is wat Jehovah sê: “‘As die hemel daar bo gemeet kon word en die fondamente van die aarde daar onder verken kon word, slegs dan sou ek die hele nageslag van Israel kon verwerp weens alles wat hulle gedoen het,’ verklaar Jehovah.”+
-