Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Psalm 80:14-16
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 O God van die leërmagte, keer asseblief terug.

      Kyk af uit die hemel en sien!

      Sorg vir hierdie wingerdstok,+

      15 die stok* wat u regterhand geplant het,+

      en kyk na die seun* wat u vir uself sterk gemaak het.+

      16 Dit is met vuur verbrand,+ afgekap.

      Hulle sterf as gevolg van u straf.

  • Jesaja 5:24
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 24 Daarom, net soos stoppels deur vuur verteer word

      en droë gras deur vlamme verskroei word,

      sal hulle wortels verrot

      en sal hulle bloeisels soos poeier wegwaai,

      omdat hulle die wet* van Jehovah van die leërmagte verwerp het

      en geen respek getoon het vir die woord van die Heilige van Israel nie.+

  • Jeremia 7:20
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 20 Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Kyk! My groot woede sal oor hierdie plek uitgestort word,+ oor mens en dier, oor die bome van die veld en die vrug van die grond, en dit sal brand en sal nie geblus word nie.’+

  • Esegiël 20:47
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 47 Sê vir die woud van die suide: ‘Hoor die woord van Jehovah. Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek steek ’n vuur aan teen jou,+ en dit sal elke groen boom en elke droë boom in jou verteer. Die brandende vlam sal nie geblus word nie,+ en elke gesig sal daardeur geskroei word, van suid tot noord.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel