Psalms
Vir die musiekleier: Op die wysie van “Die lelies”. ’n Herinnering. Van Asaf.+ ’n Melodie.
Kom red ons.+
3 O God, laat ons weer u goedkeuring geniet.+
Betoon goedheid aan ons, sodat ons gered kan word.+
4 Jehovah, God van die leërmagte, hoe lank sal u vyandig wees* teenoor u volk en weier om na hulle gebede te luister?+
5 U gee vir hulle trane om as brood te eet,
en u laat hulle ’n oorvloed trane drink.
6 U laat ons bure oor ons stry.
Ons vyande hou aan om ons te spot net soos hulle wil.+
7 O God van die leërmagte, laat ons weer u goedkeuring geniet.
Betoon goedheid aan ons, sodat ons gered kan word.+
8 U het ’n wingerdstok+ uit Egipte laat gaan.
U het die nasies verdryf en dit geplant.+
10 Die berge is deur sy skaduwee bedek,
en die sederbome van God deur sy takke.
12 Hoekom het u die klipmure van die wingerd afgebreek+
sodat almal wat verbygaan, die vrugte daarvan pluk?+
14 O God van die leërmagte, keer asseblief terug.
Kyk af uit die hemel en sien!
16 Dit is met vuur verbrand,+ afgekap.
Hulle sterf as gevolg van u straf.
18 Dan sal ons nie van u af wegdraai nie.
Bewaar ons lewe, sodat ons u naam kan aanroep.
19 O Jehovah, God van die leërmagte, laat ons weer u goedkeuring geniet.
Betoon goedheid aan ons, sodat ons gered kan word.+