-
Jeremia 37:5-7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Intussen het Farao se leërmag uit Egipte vertrek,+ en die Galdeërs wat Jerusalem beleër het, het die berig oor hulle gehoor. Daarom het hulle van Jerusalem af weggetrek.+ 6 Toe het die profeet Jeremia die volgende boodskap van Jehovah ontvang: 7 “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Dít is wat julle vir die koning van Juda moet sê, wat julle na my toe gestuur het om my vir leiding te vra: “Die leërmag van Farao wat julle kom help, sal na hulle land, Egipte, moet teruggaan.+
-