17 En die ware God het aan hierdie vier jongmense kennis en wysheid gegee, asook insig in alles wat geskryf is. En Daniël is die vermoë gegee om allerhande visioene en drome te verstaan.+
20 Elke keer wanneer die koning hulle gevra het oor ’n saak wat wysheid en insig vereis het, het hy gesien dat hulle tien keer beter is as al die towerpriesters en die towenaars*+ in sy hele koninkryk.
3 Daniël het bewys dat hy bekwamer is as die ander hoë amptenare en die satrape, want hy was besonder wys.+ En die koning was van plan om hom oor die hele koninkryk aan te stel.