9 Uit een van hulle het ’n ander horing voortgekom, ’n kleintjie, en hy het baie groot geword na die suide en na die ooste* en na die Pragtige Land toe.+
41 Hy sal in die Pragtige Land ingaan,+ en baie lande sal verslaan word. Maar Edom en Moab en die vernaamste deel van die Ammoniete sal nie in sy mag* beland nie.
45 En hy sal sy koninklike tente* tussen die groot see en die berg van die Pragtige Land opslaan,+ en hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie.