-
Markus 2:21, 22Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
21 Niemand werk ’n stuk ongekrimpte materiaal op ’n ou bo-kleed vas nie. As hy dit doen, sal die nuwe stuk van die ou stuk lostrek, en die skeur sal erger word.+ 22 En niemand gooi nuwe wyn in ou wynsakke nie. As hy dit doen, sal die wyn die sakke laat bars, en dan is die wyn verlore en die sakke stukkend. Maar nuwe wyn word in nuwe wynsakke gegooi.”
-
-
Lukas 5:36-39Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
36 Hy het ook vir hulle ’n illustrasie vertel: “Niemand sny ’n stuk materiaal uit ’n nuwe bo-kleed en werk dit op ’n ou bo-kleed vas nie. As hy dit doen, sal die nuwe stuk van die ou stuk wegskeur en sal die stuk van die nuwe kleed nie by die oue pas nie.+ 37 Ook gooi niemand nuwe wyn in ou wynsakke nie. As hy dit doen, sal die nuwe wyn die wynsakke laat bars, en dit sal uitloop, en dan is die wynsakke stukkend. 38 Maar nuwe wyn moet in nuwe wynsakke gegooi word. 39 Niemand wat ou wyn gedrink het, wil nuwe wyn hê nie, want hy sê: ‘Die oue is lekker.’”
-