-
Matteus 9:16, 17Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
16 Niemand werk ’n stuk ongekrimpte materiaal op ’n ou bo-kleed vas nie, want die nuwe stuk sal van die kleed lostrek, en die skeur sal erger word.+ 17 Mense gooi ook nie nuwe wyn in ou wynsakke nie. As hulle dit doen, sal die wynsakke bars en die wyn uitloop, en dan is die wynsakke stukkend. Maar mense gooi nuwe wyn in nuwe wynsakke sodat hulle al twee kan behou.”
-
-
Lukas 5:36-38Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
36 Hy het ook vir hulle ’n illustrasie vertel: “Niemand sny ’n stuk materiaal uit ’n nuwe bo-kleed en werk dit op ’n ou bo-kleed vas nie. As hy dit doen, sal die nuwe stuk van die ou stuk wegskeur en sal die stuk van die nuwe kleed nie by die oue pas nie.+ 37 Ook gooi niemand nuwe wyn in ou wynsakke nie. As hy dit doen, sal die nuwe wyn die wynsakke laat bars, en dit sal uitloop, en dan is die wynsakke stukkend. 38 Maar nuwe wyn moet in nuwe wynsakke gegooi word.
-