-
1 Konings 17:9, 10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 “Staan op, gaan na Sarfat, in die gebied van Sidon, en gaan bly daar. Ek sal ’n weduwee daar beveel om kos aan jou te voorsien.”+ 10 Daarom het hy opgestaan en na Sarfat gegaan. Toe hy by die ingang van die stad kom, was daar ’n weduwee wat stukke hout bymekaarmaak. Hy het vir haar gesê: “Bring asseblief vir my ’n bietjie water om te drink.”+
-
-
1 Konings 17:20-23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 Hy het Jehovah aangeroep en gesê: “O Jehovah my God,+ bring u nou ook rampspoed oor die weduwee by wie ek bly deur haar seun dood te maak?” 21 Toe het hy hom drie keer oor die kind uitgestrek en Jehovah aangeroep en gesê: “O Jehovah my God, laat hierdie kind asseblief weer lewe.”* 22 Jehovah het na Eliʹa se versoek geluister,+ en die kind het weer lewendig geword.*+ 23 Eliʹa het die kind geneem en hom van die dakvertrek af in die huis ingebring en hom vir sy ma gegee. En Eliʹa het gesê: “Kyk, jou seun lewe.”+
-
-
2 Konings 4:13-17Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 Hy het vir Gehaʹsi gesê: “Sê asseblief vir haar: ‘Jy het so baie moeite vir ons gedoen.+ Wat kan ek vir jou doen?+ Moet ek namens jou met die koning+ of die hoof van die leërmag gaan praat?’” Maar sy het geantwoord: “Nee, dit is nie nodig nie, want ek woon onder my eie volk.” 14 Hy het toe gevra: “Wat kan dan vir haar gedoen word?” Gehaʹsi het gesê: “Wel, sy het nie ’n seun nie,+ en haar man is oud.” 15 Hy het dadelik gesê: “Roep haar.” Hy het haar toe gaan roep, en sy het by die ingang gaan staan. 16 Toe het hy gesê: “Teen volgende jaar hierdie tyd sal jy ’n seuntjie vashou.”+ Maar sy het gesê: “Nee, my meester, man van die ware God! Moenie vir u diensmeisie leuens vertel nie.”
17 Maar die vrou het swanger geword en presies ’n jaar later aan ’n seun geboorte gegee, net soos Eliʹsa vir haar gesê het.
-