Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Deuteronomium 32:39
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 39 Besef nou dat ek God is,+

      en daar is geen ander God as ek nie.+

      Ek maak dood en ek maak lewend.+

      Ek wond+ en ek sal genees,+

      en niemand kan uit my hand red nie.+

  • 1 Samuel 2:6
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  6 Jehovah maak dood, en hy bewaar lewe.*

      Hy laat mense na die Graf* afgaan, en hy laat hulle opstaan.+

  • 2 Konings 4:32
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 32 Toe Eliʹsa in die huis ingaan, het die seun dood op sy bed gelê.+

  • 2 Konings 4:34
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 34 Daarna het hy op die bed geklim en oor die kind gaan lê en sy mond op die seun se mond, sy oë op die seun se oë en sy palms op die seun se palms gesit en oor hom gebuig gebly, en die kind se liggaam het begin warm word.+

  • 2 Konings 13:21
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 21 Op ’n dag was ’n paar manne besig om ’n man te begrawe, en hulle het ’n rowerbende sien aankom. Hulle het die man toe in Eliʹsa se graf gegooi en weggehardloop. Toe die man aan die beendere van Eliʹsa raak, het hy lewend geword+ en op sy voete gaan staan.

  • Lukas 7:15
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 En die dooie man het regop gesit en begin praat, en Jesus het hom aan sy ma gegee.+

  • Lukas 8:54, 55
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 54 Maar hy het haar hand geneem en uitgeroep: “Kind, staan op!”+ 55 En sy het weer lewend geword,*+ en sy het dadelik opgestaan,+ en hy het gesê dat hulle vir haar iets moet gee om te eet.

  • Johannes 5:28, 29
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 28 Moenie hieroor verbaas wees nie, want die uur kom waarin almal wat in die gedenkgrafte* is, sy stem sal hoor+ 29 en sal uitkom, dié wat goeie dinge gedoen het, tot ’n opstanding van die lewe, en dié wat walglike dinge gedoen het, tot ’n opstanding van oordeel.+

  • Johannes 11:44
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 44 Die man wat dood was, het uitgekom. Sy hande en voete was met grafdoeke gebind, en sy gesig was met ’n doek toegedraai. Jesus het vir hulle gesê: “Maak hom los en laat hom gaan.”

  • Handelinge 9:40, 41
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 40 Petrus het toe almal uitgestuur,+ op sy knieë gegaan en gebid. Toe het hy na die liggaam gedraai en gesê: “Tabiʹta, staan op!” Sy het haar oë oopgemaak, en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.+ 41 Hy het sy hand vir haar gegee en haar opgehelp, en hy het die heiliges en die weduwees geroep en vir hulle gewys dat sy lewe.+

  • Handelinge 20:9, 10
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 9 ’n Jong man met die naam Euʹtigus het by die venster gesit en het vas aan die slaap geraak terwyl Paulus gepraat het. Hy het van die derde verdieping afgeval, en toe hulle hom gaan optel, was hy dood. 10 Maar Paulus het ondertoe gegaan, op hom gaan lê, sy arms om hom gesit+ en gesê: “Hou op om so te huil, want hy lewe.”*+

  • Romeine 14:9
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 9 Want Christus het gesterf en weer lewend geword om Here oor die dooies sowel as die lewendes te wees.+

  • Hebreërs 11:17
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 17 Deur geloof het Abraham, toe hy getoets is,+ Isak so goed as geoffer. Hierdie man, wat die beloftes met blydskap ontvang het, het sy enigste* seun probeer offer,+

  • Hebreërs 11:19
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 19 Maar hy het geredeneer dat God hom selfs uit die dood kon opwek, en hy het hom toe ook in ’n figuurlike sin*+ daaruit terugontvang.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel