-
Johannes 11:44Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
44 Die man wat dood was, het uitgekom. Sy hande en voete was met grafdoeke gebind, en sy gesig was met ’n doek toegedraai. Jesus het vir hulle gesê: “Maak hom los en laat hom gaan.”
-
-
Handelinge 9:40, 41Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
40 Petrus het toe almal uitgestuur,+ op sy knieë gegaan en gebid. Toe het hy na die liggaam gedraai en gesê: “Tabiʹta, staan op!” Sy het haar oë oopgemaak, en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.+ 41 Hy het sy hand vir haar gegee en haar opgehelp, en hy het die heiliges en die weduwees geroep en vir hulle gewys dat sy lewe.+
-
-
Handelinge 20:9, 10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 ’n Jong man met die naam Euʹtigus het by die venster gesit en het vas aan die slaap geraak terwyl Paulus gepraat het. Hy het van die derde verdieping afgeval, en toe hulle hom gaan optel, was hy dood. 10 Maar Paulus het ondertoe gegaan, op hom gaan lê, sy arms om hom gesit+ en gesê: “Hou op om so te huil, want hy lewe.”*+
-