Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Markus 10:17-22
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 17 Toe hy vertrek het, het ’n man aangehardloop gekom en voor hom op sy knieë geval en vir hom gevra: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?”+ 18 Jesus het vir hom gesê: “Hoekom noem jy my goed? Niemand is goed nie, behalwe een, God.+ 19 Jy ken die gebooie: ‘Moenie moord pleeg nie,+ moenie egbreuk pleeg nie,+ moenie steel nie,+ moenie valslik getuig nie,+ moenie bedrog pleeg nie,+ eer* jou pa en jou ma.’”+ 20 Die man het vir hom gesê: “Leermeester, ek was van kleins af gehoorsaam aan al hierdie dinge.” 21 Jesus het na hom gekyk en liefde vir hom gevoel en gesê: “Daar is nog een ding wat jy moet doen: Gaan verkoop wat jy het en gee die geld vir die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê. En kom word my volgeling.”+ 22 Maar hy was baie hartseer toe hy die antwoord hoor en het weggegaan, want hy het baie besittings gehad.+

  • Lukas 18:18-23
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 18 Een van die heersers het vir hom gevra: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?”+ 19 Jesus het vir hom gesê: “Hoekom noem jy my goed? Niemand is goed nie, behalwe een, God.+ 20 Jy ken die gebooie: ‘Moenie egbreuk pleeg nie,+ moenie moord pleeg nie,+ moenie steel nie,+ moenie valslik getuig nie,+ eer* jou pa en jou ma.’”+ 21 Toe het hy gesê: “Ek was van kleins af gehoorsaam aan al hierdie dinge.” 22 Nadat Jesus dit gehoor het, het hy vir hom gesê: “Daar is nog een ding wat jy moet doen: Verkoop alles wat jy het en gee die geld vir die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê. En kom word my volgeling.”+ 23 Toe hy dit hoor, het hy baie hartseer geword, want hy was baie ryk.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel