-
Matteus 18:1-5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 In daardie uur het die dissipels na Jesus toe gekom en gevra: “Wie is werklik die grootste in die Koninkryk van die hemel?”+ 2 Toe het hy ’n jong kind nader geroep, hom tussen hulle laat staan 3 en gesê: “Ek verseker julle: As julle nie verander* en soos jong kinders word nie,+ sal julle beslis nie in die Koninkryk van die hemel ingaan nie.+ 4 Elkeen wat so nederig soos hierdie jong kind is, is dus die grootste in die Koninkryk van die hemel,+ 5 en elkeen wat ’n jong kind soos hierdie op grond van my naam ontvang, ontvang my ook.
-
-
Lukas 9:46-48Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
46 Toe het hulle begin stry oor wie van hulle die grootste is.+ 47 Omdat Jesus geweet het wat hulle dink,* het hy ’n jong kind langs hom laat staan 48 en vir hulle gesê: “Elkeen wat hierdie jong kind op grond van my naam ontvang, ontvang my ook, en elkeen wat my ontvang, ontvang ook die Een wat my gestuur het.+ Want wie hom as ’n mindere onder julle almal gedra, is die een wat groot is.”+
-