-
Matteus 12:1-8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 In daardie tyd het Jesus op die Sabbat deur die graanlande geloop. Sy dissipels het honger geword en het graanare begin pluk en dit geëet.+ 2 Toe die Fariseërs dit sien, het hulle vir hom gesê: “Kyk! Jou dissipels doen iets wat ’n mens nie op die Sabbat mag doen nie.”+ 3 Hy het vir hulle gesê: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy en die manne by hom honger was nie?+ 4 Hy het in die huis van God ingegaan, en hy en die manne by hom het die offerbrode* geëet,+ al was net die priesters toegelaat om daarvan te eet.+ 5 Of het julle nie in die Wet gelees dat die priesters wat op die Sabbatte in die tempel dien, die Sabbat ontheilig en tog onskuldig bly nie?+ 6 Maar ek sê vir julle dat iets groter as die tempel hier is.+ 7 As julle egter verstaan het wat die volgende beteken: ‘Ek wil hê dat julle genade moet betoon, nie dat julle offerandes bring nie,’+ sou julle nie die onskuldiges veroordeel het nie. 8 Want die Seun van die mens is Here van die Sabbat.”+
-
-
Markus 2:23-28Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
23 En terwyl hy op die Sabbat deur die graanlande geloop het, het sy dissipels graanare begin pluk.+ 24 Toe het die Fariseërs vir hom gesê: “Kyk hier! Hoekom doen hulle iets wat ’n mens nie op die Sabbat mag doen nie?” 25 Maar hy het vir hulle gesê: “Het julle nog nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy niks gehad het om te eet en hy en die manne by hom honger was nie?+ 26 Volgens die verslag oor die hoofpriester Abjaʹtar+ het hy in die huis van God ingegaan en die offerbrode* geëet, al was net die priesters toegelaat om daarvan te eet,+ en hy het ook vir die manne by hom daarvan gegee.” 27 Toe het hy vir hulle gesê: “Die Sabbat is daar vir die mens,+ en nie die mens vir die Sabbat nie. 28 Die Seun van die mens is dus selfs Here van die Sabbat.”+
-