-
Markus 2:23-28Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
23 En terwyl hy op die Sabbat deur die graanlande geloop het, het sy dissipels graanare begin pluk.+ 24 Toe het die Fariseërs vir hom gesê: “Kyk hier! Hoekom doen hulle iets wat ’n mens nie op die Sabbat mag doen nie?” 25 Maar hy het vir hulle gesê: “Het julle nog nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy niks gehad het om te eet en hy en die manne by hom honger was nie?+ 26 Volgens die verslag oor die hoofpriester Abjaʹtar+ het hy in die huis van God ingegaan en die offerbrode* geëet, al was net die priesters toegelaat om daarvan te eet,+ en hy het ook vir die manne by hom daarvan gegee.” 27 Toe het hy vir hulle gesê: “Die Sabbat is daar vir die mens,+ en nie die mens vir die Sabbat nie. 28 Die Seun van die mens is dus selfs Here van die Sabbat.”+
-
-
Lukas 6:1-5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 Op ’n sabbat het hy deur graanlande geloop, en sy dissipels het die graanare gepluk+ en dit met hulle hande uitgevryf+ en geëet. 2 Toe het party van die Fariseërs gevra: “Hoekom doen julle iets wat ’n mens nie op die Sabbat mag doen nie?”+ 3 Maar Jesus het hulle geantwoord: “Het julle nog nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy en die manne by hom honger was nie?+ 4 Hy het in die huis van God ingegaan en die offerbrode* ontvang en geëet, en hy het vir die manne by hom daarvan gegee, al was net die priesters toegelaat om daarvan te eet.”+ 5 Toe het hy vir hulle gesê: “Die Seun van die mens is Here van die Sabbat.”+
-