-
Johannes 18:25-27Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
25 Simon Petrus het daar gestaan en hom warm gemaak. Toe het hulle vir hom gesê: “Is jy nie ook een van sy dissipels nie?” Hy het dit ontken en gesê: “Ek is nie.”+ 26 Een van die slawe van die hoëpriester, wat ’n familielid was van die man wie se oor Petrus afgekap het,+ het gesê: “Het ek jou nie in die tuin saam met hom gesien nie?” 27 Petrus het dit egter weer ontken, en onmiddellik het ’n haan gekraai.+
-