-
Handelinge 6:8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 En Stefaʹnus, wat God se goedkeuring en krag gehad het, het groot wonderwerke en tekens onder die volk gedoen.
-
-
Handelinge 15:12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 Toe het die hele groep stil geword, en hulle het begin luister hoe Barʹnabas en Paulus vertel van al die tekens en wonderwerke wat God deur middel van hulle onder die nasies gedoen het.
-
-
Romeine 15:18, 19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 Want ek sal dit nie waag om oor enigiets te praat behalwe oor wat Christus deur my gedoen het sodat die nasies hom kan gehoorsaam nie. Hy het dit gedoen deur my woorde en my dade, 19 met die krag van tekens en wonderwerke+ en met die krag van God se gees. Dit was sodat ek die goeie nuus oor die Christus deeglik kon verkondig+ van Jerusalem af en in ’n kring tot by Illiʹrikum.
-