-
2 Korintiërs 8:1-4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 Ons wil julle dan nou laat weet, broers, van die onverdiende goedheid van God wat aan die gemeentes van Masedoʹnië betoon is.+ 2 Hulle het swaargekry, en dit was vir hulle ’n baie moeilike toets, maar hulle was baie vreugdevol en vrygewig, al was hulle verskriklik arm. 3 Hulle het gegee wat hulle kon,+ ja, ek verseker julle, selfs meer as wat hulle kon.+ 4 Want hulle het ons uit hulle eie bly smeek vir die voorreg om ’n bydrae te gee om die heiliges te help toe hulle dit nodig gehad het.+
-
-
2 Korintiërs 9:2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 want ek weet dat julle gewillig is. Ek spog by die Masedoniërs dat julle in Agaʹje nou al ’n jaar gereed is om te help, en julle ywer het die meeste van hulle aangespoor.
-