-
Jakobus 4:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 Waar kom die oorloë en bakleiery onder julle vandaan? Kom dit nie uit julle vleeslike begeertes wat ’n stryd in julle* voer nie?+ 2 Julle wil dinge hê, en tog het julle dit nie. Julle hou aan om moord te pleeg en om te begeer wat aan ander behoort, en tog kan julle niks kry nie. Julle hou aan om te baklei en oorlog te voer.+ Julle het niks omdat julle nie vra nie.
-