15 Toe die Israeliete dit sien, het hulle vir mekaar gevra: “Wat is dit?” Want hulle het nie geweet wat dit is nie. Moses het vir hulle gesê: “Dit is die brood wat Jehovah julle gegee het om te eet.+
4 In die Allerheiligste was ’n goue vuurbak+ en die ark van die verbond,+ wat met goud oorgetrek was.+ Binne-in die ark was die goue houer met die manna,+ Aäron se staf wat bloeisels gehad het+ en die kliptablette+ van die verbond.