Job
7 “Is die lewe van ’n sterflike mens nie soos slawearbeid nie?
En is sy dae nie soos dié van ’n gehuurde werker nie?+
4 Wanneer ek gaan lê, vra ek: ‘Wanneer kan ek opstaan?’+
Maar die nag sleep stadig verby, en ek rol rond totdat dit oggend word.
5 My liggaam is bedek met wurms en klonte grond.+
My vel is vol rowe, en etter loop daaruit.+
8 Die oog wat my nou sien, sal my nie meer sien nie.
U oë sal my soek, maar ek sal weg wees.+
11 Daarom sal ek nie stilbly nie.
Ek sal praat weens die pyn in my hart.
Ek sal kla omdat ek bitterlik ly!+
12 Is ek die see of ’n seemonster,
dat u ’n wag oor my moet aanstel?
13 Wanneer ek sê: ‘My rusbank sal my vertroos.
My bed sal help om my lyding te verlig,’
14 dan maak u my bang met drome
en ontstel u my met visioene,
15 en daarom sal ek verkies om te versmoor.
Ja, ek sal die dood verkies bo hierdie liggaam van my.+
16 Ek haat my lewe;+ ek wil nie meer lewe nie.
Laat my in vrede, want my lewe gaan vinnig verby.*+
20 As ek gesondig het, hoe benadeel dit u, die Een wat die mensdom dophou?+
Hoekom het u my u teiken gemaak?
Het ek vir u ’n las geword?
21 Hoekom vergewe u nie my sonde
en verskoon u nie my oortreding nie?
Want binnekort sal ek in die stof gaan lê.+
U sal my soek, maar ek sal weg wees.”